Welkom

  • Ons is ‘n onafhanklike Christelike gemeente in die groter Kaapstad omgewing.
  • Ons bely en aanbid God Drie-enig as Misterie wat altyd meer is as menslike woorde en kerklike dogma.
  • Ons respekteer die eeue van die Christelike tradisie en bepeinsing terwyl ons nuut probeer besin vanuit vandag se leefwêreld en vraagstellings oor God, mens en wêreld.
  • Ons belê in verhoudinge eerder as strukture.
  • Oop gesprek en saam gesels oor geloofsake vorm deel van ons weeklikse erediens binne die grense van ‘n eenvoudige ritueel.
  • Ons bid, lees die Bybel, prosa en poësie en luister deelnemend na die prediking.
  • Ons glo dat God deur Sy Gees in ons werk wanneer ons saam lees, dink en gesels.
  • Ons koester en respekteer die andersheid van mense en is dankbaar wanneer dit in ons samestelling weerspieël word.
  • Ons glo dat God se liefde ook deur ons beskeie bestaan sigbaar word in gemeenskapsprojekte wat ons aanpak of ondersteun.